Hoërskool   Laerskool   Kleuterskool   Koshuis  
PROSPEKTUS
As enigste Afrikaanse Hoër- en Laerskool in Stella is die Hoërskool Stella bewus van sy verantwoordelikheid om 'n bydrae te lewer tot die opvoeding van sy leerlinge volgens Afrikaanse tradisie, gegrond op Christelike norme. Gesien in die lig van die skool se roeping, stel die skool hoë eise aan sy leerlinge ten opsigte van pligsbesef, toewyding, netheid, dissipline, wellewendheid en 'n gebalanseerde lewensuitkyk. Die skool se missie is hierby ter insae.
Die skool se vakkeuse en kursusse is beplan om voorsiening te maak vir voortgesette studie aan universiteite, technikons en kolleges, en maak ook voorsiening vir leerlinge wat onmiddelik na hulle skoolopleiding tot 'n beroep wil toetree. Bestudeer gerus die vakkeuses en skakel waar onsekerheid mag voorkom.
 
         
 
 
Welkom by Stella Hoërskool
 
  • Klasfotos
  • Graad 1 Inligting
  • PREFEKTE
  • Eksamen en Toets Roosters
 
 

Liewe Ouers

Baie welkom  by Hoërskool Stella. Ek hoop dat ons ’n lang en gelukkige verbintenis saam gaan hê.

U kind het die volgende artikels vir Graad 1 nodig:

  1.        2 Groot stafies Pritt.
  2.        1 Stel Jumbo driekantige kryte of gewone inkleurkryte.
  3.        1 Pak uitdraaivetkryte.
  4.        2 X HB driekantige potlode.
  5.        ’n Skerpmaker – moet ’n groot gat hê om driekantige  potlode   skerp te maak.
  6.        Skêr.
  7.        1 x groot kartondoos sneesdoekies.
  8.        Plastiekboekoortreksels: 10 -15 x A4 en 1 x A5. (Die        boekoortreksel kan by my bestel word. Dis opsioneel.)
  9.        1 x pak agtkleur speelklei wat in ’n plastiekbakkie gesit  moet     word.
  10. ’n Stoelsakkie. (Verkieslik denim)
  11. Voorskoot. (Plastieksoort – vee maklik af).
  12. Uitveër (gewone, wit)
  13. Plastiekbekertjie en waslap. (Waslap moet lussie aanhê om      dit aan die hakkie by wasbak op te hang.)
  14. 10 HB potlode.
  15. Foto van hom/haar vir die verjaarsdagtrein.
  16. ‘n 50 bladsy flipfile

 

Moet asseblief nie vir u kind ‘n “space case” koop nie. Om plek te bespaar word hul skryfbehoetes in blikkies wat aan hul tafels vasgemaak is, gesit. Skryfbehoeftes wat nie dadelik gebruik word nie, word gebêre tot dit benodig word.

Merk asseblief al u kind se kleurpotlode elkeen apart en duidelik. Merk ook al sy/haar klere, kosblikke, bekertjies, waslap, Pritt ens. baie duidelik. Dit voorkom baie probleme.

Wees assblief welkom om my te kontak indien daar enige onduidelikheid is.

Groete
Christa Vermeulen
0825362178

 


Prefekte vir 2017 is:
Vlnr: Juan Cloete, Jayden van Heerden, Johan Retief, Awie Griesel (Hoofseun), Antionette Swanepoel (Hoofdogter), Elna Malan, Karla Henn en Anje Cloete.
Baie geluk aan elkeen van julle, sterkte vir jul pligte vir 2017.
 
 
 
Belangrike Inligting

Volg ons op   facebook

Laerskool "lockers"
Annerie vd Berg se NW en Teg taak
Die graad 6 klas het 'n interessante oggend agter die rug. Annerie vd Berg het haar NW en Teg taak by Juf. Carla vd Berg ingehandig wat gehandel het oor ' Mopaniewurms'. Sy het ook die klas 'n voorsmakie van haar taak gegee.
Goed gedoen Annerie, hulle sal dit nooit vergeet nie.

Die SAPD het gister die grondslagfase (Gr R tot 3), besoek

Die SAPD het gister die grondslagfase (Gr R tot 3), besoek om hulle bietjie meer te vertel oor die polisie. Adjudant Offisier Sarel Bezuidenhout en Carmen Bothma van Stella Polisiestasie het hulle ondermeer gewys hoe boeie werk, wat die doel van 'n koeëlvastebaadjie is en hoe swaer hy is, die noodnommer is ook vir hulle geleer en wanneer om hom te gebruik. Die leerders kom vrae vra en moes vrae antwoord en het ook klein geskenkies ontvang. Die besoek het gegaan oor bewusmaking en dat leerders nie moet bang wees vir die SAPD nie omdat hul daar is om 'n verskil te maak. Die graad R klas is almal in die polisiewa gelaai en is na hul klas gevat, natuurlik was dit baie pret met Juf. Linda Cilliers wat saam hulle gery het. Baie dankie aan Stella se polisiestasie wat die leerders kom besoek het, hulle het dit regtig baie geniet en baie geleer.
Graad 1 boekoortreksel  bestelvorm en skryfbehoefte lys.
Laai dokumente hier af
—Bestellings
—Benodighede
Lys van Benodighede vir leerders van Gr4 - Gr12
Laai ddokument hier af

Toets Rooster September 2015
Skool Tye

Gr1 en Gr2

 
Somer: 07h00 tot 12h00
Winter: 07h30 tot 12h30

Gr3

 
Somer: 07h00 tot 12h30
Winter: 07h30 tot 13h00
 
 
         
 
 
 
Besoekers
 
   
   
 
   
   
 
 
Adverteer op hierdie webwerf en ondersteun Stella Hoërskool
 
 
Vir meer inligting om hier te adverteer kontak
stellaADS@kreativan.co.za
081 440 6455