Eeufees
Eeufees
Eeufees
Eeufees
Eeufees
Eeufees
Eeufees
Eeufees
Eeufees
Eeufees
Eeufees
Eeufees
Eeufees
Eeufees
Eeufees
As deel van Hoërskool Stella se eeufeesviering, het KykNet Nou se Skole Top 10-span op Dinsdag, 27 Februarie, die dag by die skool kom deurbring om die episode oor die skool wat op 19 Maart 2018, op kanaal 146 uitgesaai gaan word, te verfilm. Om die gemeenskap se positiewe betrokkenheid by die skool uit te beeld, het Maryna Bester onderneem om 100 trekkers uit die gemeenskap te reël om op daardie dag om die atletiekbaan te kom ry. Volgens haar was die reaksie oorweldigend positief en het boere van naby en ver met groot entoesiasme hul trekkers gebring. Daar was nuwe en ou trekkers, groot en klein, elke moontlike fabrikaat en kleur, trekkers wat deur vrouens bestuur is, deur klein seuntjies en selfs 'n paar dogtertjies. Die gemeenskapsbetrokkenheid wat oor 'n honderd jaar die behoud van Hoërskool Stella was, kon kwalik aangrypender uitgebeeld geword het. Terwyl die dreuning van 'n honderd dieselenjins die pawiljoen laat lewe het, kon geen toeskouer onaangeraak bly nie. Aangrypend. Knop-in-die-keel-mooi.
Mans en dames ondersteundershemde met die 100 jaar skoolwapen, kan by Erika Fourie bestel en gekoop word. Wees #StellaTrots met 'n ondersteundershemp en spog met ons skool se '100 jaar van uitnemendheid'.
© Copyright 2018 Stella Hoërskool | Designed by Kreativan