Wat 'n voorreg is dit nie as om 'n legende soos Mnr. Gerrie Crous te vereer deur die 1ste rugbyspan se nuwe spankamer na hom te vernoem nie.
Mnr. Crous was 35 jaar deel van die skool, en het 'n groot stempel op die skoolgrond gelos. Almal onthou hom as die houtwerkonderwyser en natuurlik sy passie vir rugby-afrigting.
Van die skool se rugby-legendes het hom kom verras met die inhuldiging van die spankamer.
Mans en dames ondersteundershemde met die 100 jaar skoolwapen, kan by Erika Fourie bestel en gekoop word.
Wees #StellaTrots met 'n ondersteundershemp en spog met ons skool se '100 jaar van uitnemendheid'.
Rugby en netbalballe (no 5 balle)
Die eeufees rugby en netbalballe is vanaf 10 April 2018, te koop teen R220 per bal en betalings moet deur Antionette Niemann gereël en betaal word.